AAN DIE EINDE VAN HIERDIE ARTIKEL VERSKYN SKAKELS NA ANDER ARTIKELS DEUR DIESELFDE OUTEUR
In my argief ontdek ek ’n paar aantekeninge wat ek baie jare gelede gemaak het ter voorbereiding van ’n gesprek met ’n eertydse kollega oor die konsep verlies na aanleiding van ’n werk deur Karel Schoeman, naamlik Verliesfontein.
’n Paar los gedagtes oor verlies
1.
Verlies is ’n afgeleide naamwoord van die
werkwoord verloor.
2.
Dit
lyk asof verloor
semanties op minstens twee wyses gebruik kan word:
-
X verloor
teen Y [TEENSTANDER]: ’n KONFRONTASIE-verloor.
Hierdie
verloor
se substantiwiese ekwivalent is nederlaag (wat teenoor oorwinning staan) en nie verlies
nie.
- X het Y [BESIT/BESITTING] verloor:
’n BESIT-verloor.
’n Semantiese ontleding kan soos volg lyk:
X besit/beskik oor Y.
Y word X ontneem [of: X verloor Y], deur
-
X se
eie toedoen;
-
(’n)
ander lewende entiteit(e) se toedoen;
-
’n
abstakte toedoen;
-
’n
fiktiewe toedoen;
-
ens.
Die
resultaat word beoordeel as ’n verlies
– deur die toedoen van een of meer van die genoemde AGENTE. Die krag van die verloorhandeling [toedoen] is relatief tot die oordeel van die aard van die verlies.
3. Die tyd van verlies (verlede, hede of toekoms), op grond waarvan verlies verklaar
word, veronderstel altyd ’n voorafgaande handeling/aktiwiteit. Die handeling
hoef nie die werkwoord verloor te bevat of te impliseer nie,
byvoorbeeld: Sy aftrede [hy het afgetree] was vir ons ’n groot verlies.
4.
Op
grond van die voorgaande opmerking kan ons, na analogie van die term oordeelsadjunkte wat Ponelis (1979)
gebruik, praat van verlies as ’n oordeelsnaamwoord. Die spreker, vanuit sy/haar beheersende punt,
bepaal (oordeel) of die handeling waardeur besit (beskikking / teenwoordigheid / eksistensie / ens.) ontneem is, as ’n verlies beskou kan word. Daarom is verlies ook maklik gradeerbaar: groot verlies; klein
verlies; amperse verlies; geringe verlies; ontsettende verlies; ens.
5.
Verlies staan ook teenoor wins, maar dan moet ons ook onthou dat ’n regverdige wins nie noodwendig iemand se verlies is nie. Verlies
staan dus nie in ’n omgekeerde verhouding (’n sekere soort
teenoorgesteldheid) tot wins nie. Op
die wins-verlies-skaal dui verlies op die versteuring van wat
Lakoff & Johnson “human well-being” noem – een van die fundamentele
beginsels wat moraliteitservaring onderlê.
6.
Ten
opsigte van die samestelling Verliesfontein is die samevoeging
eintlik ’n soort paradoks. Fontein impliseer op die realiteitsvlak ’n
dinamiese bron van water, ’n universele simbool vir lewe (soos byvoorbeeld op
ander planete gesoek). En lewe veronderstel die strewe na of die bestaan van
“human well-being”. En nou voed hierdie bron van lewe gebeurtenisse
(handelinge) wat as verlies
beoordeel word.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking